Literature
To my Native Language
Is daar a woord
Wat ek kan gebruik,
Wat beteken wat ek bedoel,
As die woorde in my eie taal
Nie meer volstaan nie?
Wat sê 'n mens,
As sy moedertaal
Nie meer die taal
Van sy siel is nie?
Die frases pas nie reg
In my uitheemse mond nie,
Die vokale klink nou vreemd,
En die konsonante is ook.
Die werkwoorde werk nie,
Die naamwoorde benoem niks,
Die vrugtelose adjektiewe
se Beskrywinge is nikswerd.
Ek's 'n kind van die wêreld,
En my taal is 'n moeder
Wat my lankgelede verlaat het.
Sy't geen liefde vir my nie,
Net 'n onbekende tussen tale.